Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Maatband (kykNET): Die uiteenlopende oorsake van gewigstoename word bespreek, asook hoe om elkeen doeltreffend aan te pak.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie sukkel met die reëlings vir Vicky se ooievaarspartytjie. Fran is gefrustreerd met die omstandighede by King Pie.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie en die span gesels met tannie Poppie Coetzer van Kokkedoor-faam; die sesjarige konsertinaspeler Kosie Beukes; Jansen Myburgh, wat ook bekend is as DJ Naaldekoker; en die Boerekos-aanbieder, Dine van Zyl. Die dorp van die jaar word aangekondig.

19:30 Mooiloop! (SABC2): Vandeesweek vat Denvor en Valiant hul bergfietse na Nottingham Road, KwaZulu-Natal. By die Nottingham Road-hotel ontmoet hulle die Isidingo-ster Marisa Drummond en namate hulle die dorpie verken, kom hulle af op ’n musiekprojek, ’n kerk wat stuk-stuk van Engeland ingevoer is en ’n kunstenaar met ’n groot liefde vir dwergverkleurmannetjies.

20:30 10 uit 10 (kykNET): Die paneel gesels oor 10 gewilde vrouestemme.

21:30 CSI (M-Net): Die span ondersoek die moord op ’n Kubaanse sanger se suster. Hodges kry koue voete.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul eie diskresie aan.