19:00 New Girl (M-Net Series Showcase): Cece se troudag veroorsaak dat Jess en Nick ’n besluit neem oor hul verhouding. Schmidt en Winston maak ’n plan om die seremonie te kelder.

19:30 Kwêla (kykNET): Gaste sluit in die sanger Bok van Blerk, joernalis Ivor Price, komediant Loyiso Gola en die akteur Deon Lotz. Dis ook die laaste aflewering van die Feite & Geite-videowedstryd.

19:30 Mooiloop! (SABC2): Denver en Valiant besoek Deneysville in die Vrystaat. Valiant hou sy lyf seiljagvaarder terwyl Denvor motorfietse op die brein het. Hulle smul ook aan fisant en jogurt, en praat met kunstenaars en winkeleienaars.

20:30 The Mentalist (M-Net): Rigsby en Van Pelt verbloem hul identiteit om ondersoek in te stel na die moord op ’n radio-verhoudingsberader.

21:00 Robinson Regstreeks (kykNET): Die eerste fase van die Square Kilometre Array (SKA-projek) by Carnarvon in die Noord-Kaap is voltooi. Ons gesels met die minster van wetenskap en tegnologie, Derek Hanekom, oor die belangrikheid van die SKA en die voordele wat dit inhou.

22:00 Supernatural (SABC3): Sam probeer Dean red wat getydreis het na 1944.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.