17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): ons begin in die hoofstad van Viëtnam, Hanoi. Hier heers ’n ware straatkoskultuur met die beste ‘spring rolls’ van jou lewe. Ons besoek ook ’n UNESCO gebied in Halong Baai waat ons oornag op ’n tradisionele houtboot.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula is finansieel in die knyp, maar dink nie dit sal haar keer om Laura-Lee te besoek nie. Sonja steek ’n geheim weg vir Willem. Sal hy haar aanvaar met al haar probleme of is hy nie reg vir die verantwoordelikheid nie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam is besig om sy planne in werking te stel en Saskia waarsku hom om Vicky uit te los. Cardo kry drie werksonderhoude en Celine trap hom uit omdat hy besluiteloos is oor sy toekoms.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Tekort aan voedsel is ’n splinternuwe krisis en Ivanka dink Liezl het groter probleme as wat sy voorgee. Rian kry dit nie oor sy hart om sy nuus met Herman te deel nie en Tonik sukkel sonder Zadie.

20:00 Kwêla (kykNET): Francois Verster, die argivaris van Naspers, praat op die bank oor die 100 jaar van spotprente in Die Burger. Ons kuier by Samrec, ’n organisasie in PE wat seevoëls rehabiliteer.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little LIars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.