Dit is vanaand op die kassie:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Anthony bevind hom in ’n netelige posisie as Vicky se partytjie-handlanger. Wat het Jimmy rakende Eben uitgesnuffel? Sussie vang Jimmy uit en deel haar kommer met Marius. Astrid stel haar strik vir die jongste Rautenbach.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia ontvang ’n e-pos van iemand uit haar verlede. Sonja is ontsteld toe daar stories van haar swangerskap by die skool versprei word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Margot kry ’n nare verrassing. Wimpie se eetlus is skielik soek. Adelyn se verwagtings word baie vinnig in die wiele gery. Karli is van plan om in ’n groot sakevrou te verander.

19:30 Kwêla (kykNET): Roelof Schoeman is op die bank en praat oor sy eie weermagverhale. Die Kwêla-span gaan besoek die legendariese Stellenbosse instansie Oom Samie se Winkel en kuier by die eienaar, Annatjie Melck. Hulle gaan maak ook ’n draai by een van die grootste Belgiesesjokolade-fabrieke in die land: Beyers Chocolates.

20:00 Man Caves (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan gee Jenny raad oor verhoudings. Walden begin ’n nuwe projek saam met ’n voormalige werknemer.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Nina luister Jack se privaat terapiesessies af. Intussen skryf Maya ’n storie oor dobbelverslawing en voer dit bietjie te vêr.

21:30 Swartwater (SABC3): Toe ’n egpaar hul enigste kind verloor, trek hulle na die dorpie Swartwater om van hul vorige lewe te vergeet.