Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie kan haar nie keer om in Marius en Vicky se sake in te meng nie en Fran spreek haar aan. Marius en Vicky doen in ’n onbewaakte oomblik iets onverwags en albei is baie ongemaklik.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Emma is ontsteld omdat sy nie weet hoe om Thinus te hanteer nie. Marko en Rick baklei oor Emma.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Pippa kan Riaan regtig nie die waarheid vertel nie, terwyl At se goeie bui lei tot ’n toestemming van ’n ander aard. Die vonke spat toe Franz van al die verwikkelinge te hore kom, terwyl Morné teen die toekomsplanne vasskop.
  • 19:30 Pasella (SABC2): Pasella ontdek ’n vergete treinroete na Matjiesfontein en kuier ook saam met Springbok Marcell Coetzee op sy familieplaas in KwaZulu-Natal. Daar word ook ’n draai gemaak agter die skerms van Elvis Blue se nuwe musiekvideo.
  • 19:30 Kwêla (kykNET): Die talentvolle duo Matthys Maree en David Klassen (onderskeidelik op klavier en perkussie) tree saam met Anna Davel in die Kwêla-ateljee op.
  • 20:30 America’s Got Talent (e.tv): Mense oor die hele Amerika stel hul talente, kunsies en waagmoed ten toon.