17:30 Maatband (KykNET): Moria Sewald gee ’n oorsig van gesondheids- en skoonheidsprodukte.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Fran is behoorlik opgewerk oor die naderende funksie en Fritz probeer haar tevergeefs kalmeer. Nadine probeer inligting teen Astrid kry, maar Astrid is te slim vir haar.

18:30 7de Laan (SABC 2): Nadia se dae as joernalis is dalk verby teensy sy bewyse kry om haar feite in die berig te bevestig. Gita deel haar ambisieuse planne met Ty.

18:30 Binneland (KykNET): Vicky moet oorgaan tot drastiese stappe om haar en Gys se verhouding te red. Busi is baie teleurgesteld in Dumisani, maar min weet sy wat die ware rede is vir sy aksies.

19:30 Modern Family (M-Net): Cameron poog om die ouers by die oueraand met ’n buitengewone verrassing te beïndruk. Gloria flankeer met ’n onderwyser sodat haar seun oorsee kan gaan. Lukas en Manny gaan uit met ’n tweeling.

19:30 Isidingo (SABC 3): Die stilte van Calvyn se ontvoerders is verby. Intussen het Barker 'n geheime plan vir Bradley.

20:00 The Millers (M-Net): Nathan kry goeie nuus veral na sy ma se aanhoudende uitbarstings, maar dinge begin handuit ruk wanneer hy vir Carol opsetlik irriteer.