Wat is vanaand op die kassie?

18:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net Series Showcase): Jude Law gesels oor sy nuwe film, Side Effects, en Ellen se nuwe gunstelinggroep, Blind Pilot, tree op.

19:30 Kwêla (kykNET): Die gaste sluit in die aktrise Milan Murray wat vertel van haar voorbereiding om die Otter-wandelpad te draf, prof. Rantoa Letšosa, die eerste swart viserektor van die Noordwes-universiteit, en Bakgat! 3 se regisseur, Stefan Niewoudt.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Dis vanaand die anderhalf uur lange eindstryd van die tweede seisoen. Skakel in en kyk wie tree as die wenner uit die stryd: Kamini, die 29-jarige blogger van Kaapstad, of Leandri, die 23-jarige chemiestudent van Pretoria.

21:00 Robinson Regstreeks (kykNET): Vandeesweek praat die span met uitsonderlik begaafde jong mense soos Simon Scholtz, wat ’n goue medalje in die Genius-olimpiade in die VSA gewen het vir die ontwerp van ’n spoedhobbel wat krag kan voorsien aan valhefbome, verkeersligte of reklameborde en die blinde elfjarige Ying-Shan Tseng, wat reeds op eenjarige ouderdom vlot kon praat en op vier meer as 40 liedjies op die klavier kon speel.

21:00 The Mentalist (M-Net): Die CBI-span ondersoek die moord op ’n jong model wat ’n pasiënt was in ’n rehabilitasie-inrigting. Lisbon sit haar ondersoek voort na die miljoenêr Tommy Volker se doen en late.

22:00 Supernatural (SABC3): Die Egiptiese god Osiris is op die oorlogspad en gaan wraak neem teen enigeen wat hy van wandade verdink.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.