17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): In hierdie episode sluit Chris aan by sy peetdogter en haar susters in hulle ma se kruie- en groentetuin vir ‘n pluksessie op soek na bestanddele vir hierdie week se spyskaart. Dit sluit onder andere in: tuna- en kekerertjie vleiskoekies en cannelloni pasta wat die kinders help vul met spinasie en ricotta. Vanielje kolwyntjies, word eiehandig deur die jongspan versier, en hulle kry selfs kans om die rooibostee-gegeurde karamelvla met bessies op te smuk. Wat ‘n wonderlike chaos!

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Antoinette is skepties oor Ty se plan om Gita te saboteur. Sonja moet ’n besluit maak wat haar lewe kan verander… sal sy die regte besluit maak?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Maryke en Nico bekook nuwe planne om Anthony finaal kaal uit te trek. Sonja lig Stef in oor wat sy weet van Nico en hy volg dit op met ‘n verrassende voorstel aan Gunther. Marius vra Carina amptelik uit, maar dan loop dinge skeef.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Trou is nie perdekoop nie, maar die huweliksnag is ook nie soos wat ‘n mens jou sal voorstel nie. Die soen word bespreek en Pippa se hulp word ingeroep. Van het ‘n plan met die vervoerprobleem, en Susanna en Zieg maak ‘n ongemaklike ontdekking.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier in Namibië by die Springbok-legende Joggie Jansen. Die stigter van Buttanut vertel hoe hy ’n sukses van ’n neutbotter-onderneming gemaak het. Paramedikus, Walther Meyer, slaan ons asems weg met sy werk. Die drie beoordelaars van Koekedoor kuier op die bank en ons gaan Prins Albert toe om meer uit te vind oor Karoo Handgemaak.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Smackdown (e.tv): Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.