18:00 Villa Rosa (KykNET):  Ná ’n poets begin die Villa Rosers natuurliker voor die TV-kameras optree. Wouter en Carina is ewe vies vir Marius wat hulle by mekaar probeer bring het. Astrid pas die studeerkamer soos goud op. Intussen hou Fritz ál meer van die dinamiese Sally, en Sussie voel sy word gans te danig met hom. Maar wat dink Oudok van die vreemdeling?

18:30 7de Laan (SABC2): Ontstoke betogers by T&T is dalk die einde van Herman se planne. Sal Bruynwaves  in staat wees om hul advertensiekontrak te behou?

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Margot moet dalk ander huisvesting soek. ’n Video maak At bekommerd oor Nina. Die meisies verdink mekaar van diefstal, en Jana se antwoorde stel Karli nie gerus nie. Sonja se ete-uitnodiging stuur op ’n ramp af, veral toe dit duidelik raak dat At en Daleen nie om dieselfde tafel kan sit nie.

19:30 About A Boy (M-Net): Will nooi Sam om by hom in te trek nadat sy gedwing is om haar woonstel te ontruim. Later bou Will en Marcus ’n boomhuis.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie praat metJana du Plessis, verlede jaar se Finesse-inspirasievrou van die jaar. Die Kwêla-span gaan kuier ook eksklusief met Suid-Afrika se vroue-aflosspan van 1950 en 1951. Hulle het destyds die wêreldrekord in die 4 x 100-treë laat spat, en vir die eerste keer in jare kuier dié vier dames weer saam.

19:30 Pasella (SABC2): Die Pasella-span wys ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Two and a half men (M-Net): Jenny trek by Evelyn se huis in weens Walden se gevoelens. Alan raak Lyndsey se skelmpie.

20:00 Minute To Win It (SABC 3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.