1487335_10152039836879827_1701089167_n

*Geen 7de Laan nie weens die krieket. Môre sal daar twee episodes op SABC3 uitgesaai word, onderskeidelik 18:00 en 18:30.

18:00 Guys with Kids (M-Net): Gary bedink ’n nuwe sakeplan. Nick en Emily het ’n afspraakaand.

19:30 Modern Family (M-Net): Luke nooi vriende om ’n poker-aandjie te hou terwyl sy ouers by die werk is. Gloria vrees haar baba is vervloek.

20:00 Kwêla (kykNET): Die span bring ’n spesiale eerbetoon aan Suid-Afrika se geliefde oudpres. Nelson Mandela. Dit sluit Madiba se toespraak in Afrikaans by die KKNK in.

20:30 Fiëstas 2014-benoemings (kykNET): Die aankondiging van die jaarlikse Fiësta-benoemings wys wie in aanmerking kom vir dié gesogte teaterpryse.

20:30 Glee (M-Net Series Showcase): New Directions kom uit hulle gemaksone deur vas te stel of hulle ’n “Katy” of ’n “Gaga” is.

21:30 Parlotones From Africa to America 2 (M-Net): Die suksesvolle Suid-Afrikaanse musiekgroep Parlotones het na Los Angeles verhuis om internasionaal te probeer naam maak.