18:00 Villa Rosa (kykNET): Carina is gebroke toe haar pa haar eindelik die waarheid vertel oor sy en Celeste se huweliksprobleme. Astrid speel met AJ soos ’n kat met haar prooi, maar hy staal hom teen haar sjarme. Vicky dwing Stef om ’n spesiale aand vir hulle te beplan. Fritz is verheug om van Wouter te hoor.

18:30 7de Laan (SABC2): Wie is agter die geheimsinnige oproepe wat Oubaas so ontvang? Die hel breek los toe Retief uitvind wat Irma doen.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Zadie het geen genade met Karli se finansiële probleme nie. Die Jonkers hou vergadering met die bure, en Tertius is duidelik vol planne. Jana twyfel skielik aan Adler se vriendskap, terwyl Quinton alles kan kry wat hy wou hê – as Pippa nou net wil saamspeel.

19:30 Kwêla (kykNET): Suid-Afrika se volgende Ernie Els, die sesjarige Pieter Johan Hendriks, wys hoe jy ’n gholfstok swaai. Die Kwêla-span praat met die Bloemfonteinse kunstenaar Izak Fourie. Die entrepreneur Adele Rossouw wys ons ook dat landbou nie net ’n manswêreld is nie. Die meesterbreine agter die Cool Capital-fees, Pieter Matthews en Carla Taljaard, kuier op die bank.

19:30 Scandal! (e.tv): NFH word beroof en Mlungisi word gedreig. Intussen vind Todani iets wat sy ergste vrese bevestig.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan wil hê Lyndsey moet nou finaal kies tussen hom en Larry. Intussen raak Jenny en Brooke vervreem.

21:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Extant (M-Net): Molly vind uit haar baba lewe nog en beraam dan ’n plan saam met Kern en Kryger om die baba terug te kry. Intussen sukkel John met Ethan.