17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): On vanaand se episode besoek Gerrie die berugte “Die Hel” in die Swartberge.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): T&T stel hul nuwe voorkoms vanaand bekend. Nadia nooi ’n spesiale gas uit na die geleentheid. Vanessa blaker Yannis se grootste geheim uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky is in ’n toestand oor haar geldsake, en haal haar frustrasies op Stef uit. Stef self beleef onverwagse teëspoed.

19:30 Modern Family (M-Net): Dink jy jou gesin is rof? Kyk bietjie na die mannewales van dié klomp!

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie en Morné sorteer mekaar uit, en Zadie probeer Naomi help met haar video. ’n Bejaarde en ’n motorfiets maak niemand rustiger nie.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv): Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.