18:29 7de Laan (SABC2): Oubaas is uit die veld geslaan oor Hilda se nuwe haarstyl. Toe Emma Marko vra om saam met haar by Mostly Matisse te gaan eet, verloop die aand glad nie soos sy verwag het nie.

18:30 Binneland (kykNET): Gideon is geïrriteerd met sy pa se houding teenoor Charnay. Bea is bekommerd oor ’n jong pasiënt. Daleen dring aan op professionele hulp. Delia en Yolandi sit vas.

19:31 Kwêla (kykNET): Vanaand gesels Coenie met die wenners van die gewilde kookkompetisie Kokkedoor, Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert.

20:02 Strictly Come Dancing (SABC3): Dis die nuwe seisoen van die danskompetisie waarin plaaslike bekendes soos Graeme Richards, Mpho Popps, Damon Kalvari, Thapelo Mokoena, Lalla Hirayama en Jay Anstey elk ’n beroepsdanser as dansmaat kry en meeding om die trofee.

20:30 10 uit 10 (kykNet): Suid-Afrika se filmbedryf het oor die jare baie vaardige regisseurs, talentvolle akteurs en ’n hele paar meesterstukke opgelewer. Deesdae floreer die Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse filmbedryf weer. In hierdie program kyk ons na 10 gunsteling-flieks.

20:30 The Mentalist (M-Net): Die CBI-span ondersoek die moord op ’n diamantslyper. ’n Meisie beweer intussen sy is Jane se dogter, Charlotte, wat deur Red John vermoor is.

Let asseblief hierop: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die programinligting verseker nie. Netwerke kan hul programrooster volgens hul eie diskresie aanpas.