17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Hierdie week gebruik Riaan ‘n ou vensterraam en wys hoe maklik dit is om ‘n koffietafel met die raam te maak waarin jy al jou tydskrifte en boeke kan bêre. Hy demonstreer ook ‘n nuwe produk waarmee jy die ou stopverf in vensterrame mee kan vervang.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Vandag is die uitspraak, gaan Emma skuldig of onskuldig bevind word? Die hele Hillside is daar om haar te ondersteun.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die Villa Rosers bewonder die nuwe Kersboom maar dit verander niks aan Carina se gevoelens jeens Eben nie. Fritz bestel ‘n spesiale Kersgeskenk maar vir wie is dit en hoekom lyk hy so skuldig? Paul gee Carina iets om oor te dink. Marius se Kersvooruitsigte word al hoe minder feestelik en Astrid probeer regmaak wat sy verbrou het maar loop haar rieme styf.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Margot se aanmoediging is dalk net die begin van groot moeilikheid, vir al wanneer sy ‘n verpleegster subtiel in ‘n slegte lig probeer stel. Michelle se verjaarsdag is iets wat almal probeer vier, en Kobus se ligte ongelukkie lei tot ‘n nuwe blyplek. Goldstein maak sy verskyning in Suid-Afrika, en Jenny begin oop kaarte te speel.

20:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span kuier by die fiksste vrou in Afrika, Celestie Engelbrecht en teatermaker Christiaan Olwagen kuier op die bank.

20:30 Love That Girl (SABC 2): ’n Jong, geskeide vrou keer terug na haar tuisdorp om onafhanklik te wees en ’n nuwe lewe te begin.

20:30 Meeulanders (SABC3): Ryna van Rensburg vlug na ’n eiland om van haar verlede te ontsnap.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.