17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): On vanaand se episode kyk Gerrie na hoogtepunte wat hy in die afgelope reeks beleef het. Hierdie is die laaste episode van die derde seisoen.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die (mis-)avonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Louis het lekker planne vir T&T. Paula begin aanvaar dat haar en Altus se verhouding dalk nooit weer dieselfde gaan wees nie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz kan glad nie onthou dat hy ingestem het om saam Liam besigheid te doen nie. Stef konfronteer vir Liam, maar dié oortuig hom dat hy sy beste belange op die hart dra.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): Die lekkerkyk sitkom volg die wel en wieë van ’n groep wetenskaplikes en hul pogings om die werklike wêreld, nie die laboratorium, om hulle beter te begryp.

19:30 Binnelanders (kykNET): Cherilee vra At om te help met Ivanka, en Liezl is terug van Port Alfred. Rian is bekommerd oor wat die nagevolge van Pippa se plan kan wees. Wimpie is skoonveld. ’n Ontydige SMS kan ’n plan in die wiele ry.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 Wild en Wragtig (kykNET): Ons besoek die Piet du Toit-wildveiling waar menige Suid-Afrikaanse rekords vir wild behaal is. Ons gaan op ’n springbokjag tussen die rooi sandduine van die Kalahari.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.