17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Chris voer ons na Italië, Turkye en Pakistan met ’n watertand fees wat platbrood, paella, Borscht, lassi en koffiekoek insluit.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Dewald en Nadia het groot planne vir die nuwe plek. Lynette besoek Ryno vir die laaste keer. Sal sy die verhouding kan red?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia sukkel om Gunther in toom te hou en moet drastiese skadebeheer doen wanneer hy kop verloor. Stef en Vicky nooi Gerhard en Kotie oor vir ete, maar Kotie geniet die aand glad nie.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rian probeer dinge in perspektief sit wanneer die veldtog vir party mense ’n swaar taak raak. Breggie neem ’n besluit oor Eikehof en Jana maak haar hart oop teenoor Ilse.

20:00 Kwêla (kykNET): Coenie de Villiers is aanbieder van die verskeidenheidsprogram wat bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.