17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dit is ’n program propvol pret vir oud en jonk. Dit wys van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors, en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 7de Laan (SABC2):  Diederik voel verpletter toe hy Kristin se ware kleure sien. Sal Emma eindelik tot Thinus kan deurdring?

18:30 Binnelanders (kykNET): Die mampoer vloei en dit is duidelik dat daar probleme is tussen ’n geliefde paartjie. Jana beplan haar toekoms en Zadie het ’n blink idee wat sy met Bea deel.

19:30 Arrow (M-Net):  Ná die dood van een van Oliver se geliefdes besluit hy om tou op te gooi en hom aan Slade te oorhandig.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Terwyl Jon vrywilligers verwelkom, soek Bran, Jojen, Meera en Hodor skuiling. Daenerys is op soek na geregtigheid en genade.