18:00 Mom (M-Net): Toe ’n mede-AA-lid voorstel Christy is die probleem in al haar verhoudings, besluit sy om haar swak uitkyk te verander.

18:27 7de Laan (SABC2): Nthabi vertel Ryno haar idees vir die skemerkelkie. Paula se vriende voer hul plan te ver.

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan besoek die Namibiese kusdorpe Walvisbaai en Swakopmund. Die span onderneem ’n bootrit en leer meer van die seelewe van Walvisbaai. Dan vaar Jan die woestyn in en ondersoek die biodiversiteit van die gebied. Hy wys ook hoe ’n mens ’n Portugese beespotjie op die vuur berei.

20:01 New Tricks (BBC Entertainment): Die span ondersoek ’n hoogs sensitiewe saak toe nuwe inligting ’n onverklaarde sterfte koppel aan ’n reeks verkragtings in die ooste van Londen.

21:30 House of Cards (M-Net): Die eerste seisoen begin. ’n Amerikaanse kongreslid word belowe hy sal die minister van buitelandse sake word as hy ’n senator help om as die president verkies te word, maar toe die senator president word, kom hy nie sy belofte na nie en die kongreslid en sy vrou sweer wraak.

22:00 The Vampire Diaries (SABC2): Stefan besoek Vicki om seker te maak sy onthou niks van die aanval nie.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.