17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Aggie is bekommerd oor Bernard. Ty hou Gita in die donker oor sy planne. Altus en Paula voel verlore en alleen.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman probeer almal voorberei op die ergste en Ivanka het ’n plan met Okkie se bakkie. Isolasie jaag net groter vrese op en Jana soek vir Ivanka in Nagskof. Tertius praat met Liezl oor haar ma.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 Hollywood Homicide (e.tv): ’n Moeë vetraan wil aftree sodat hy huise kan verkoop. Sy jong vennoot dink hy is Hollywood se volgende Superster. Hulle kom dan die realiteit teë.

21:30 Jou Show (kykNET): Nadine en Ampie du Preez maak hulle gemaklik agter die mikrofoon, maar vertelook lekker stories. Kollig se Sue Pyler kom vermaak ons met haar borrelende persoonlikheid.

23:00 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.