17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Kos wat in ’n eetbare omhulsel of houer voorgesit word, is perfek vir ’n piekniek, middagete, partytjie of reis. Daar is baie lekkerder, opwindender en slimmer idees as die gewone toebroodjie en toevoukos wat duisende mense elke dag in supermarkte haastig na gryp. In hierdie episode draai Nataniël alles toe, van voorgereg tot nagereg.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Maw Maw kry ’n nuwe liefde en hy moedig haar aan om aan roekelose aktiwiteite deel te neem.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita en Ty sit vas oor ’n lojale verskaffer. Almal wonder wie aan Paula se bespreking oor verhoudings gaan deelneem.

18:30 Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET): ’n Opname kan iemand se onskuld bewys – maar dan neem sake ’n baie onverwagse wending. Karli word baie wreed ontnugter toe sy ’n aanname oor haar verhouding met haar ma maak. ’n Bekende sangsensasie laat die voete klap in Amoret.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Johan Stemmet toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Toks ’n Tjops (KykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

21:30 What Women Want (SABC3): ’n Uitvoerende hoof van ’n groot maatskappy het ná ’n ongeluk die vermoë om vroue se gedagtes te hoor.