Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Molly & Wors (kykNET): Molly en Wors eet by Ella en Herman Louw. Die vatterige mnr. Louw maak aanmerkings oor Blapsie en Vaatjie wat Wors se bloed laat kook.

18:30 7de Laan (SABC2): Hou Felicity se vrees vir verandering haar terug? Xander en Bonita het ’n groot uitval. Irma speel gasvrou vir Retief se sakevennote.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Gustav en Tertius wonder of hulle reg opgetree het – veral toe Zieg bedank en Jana een van hulle uittrap. ’n Nuwe dokter en ’n bos blomme laat ’n pasiënt rooi sien, en Kobus en Naomi sit vas oor tegniese aspekte.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee van al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Arrow (M-Net): Oliver en Roy gaan Corto Maltese toe om Thea terug te kry.

20:30 Pistol Whipped (e.tv): Die meeste mense betaal hul dobbelskuld af, maar nie hierdie polisieman nie. Hy hoor sy skuld sal gedelg word as hy ’n mededingende bendelid doodmaak.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis: braai.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:00 Last Night (SABC 1): ’n Gekwelde egpaar se huwelik verduur nog meer spanning toe ’n groot fout uit hul verlede weer kop uitsteek.