Dit is vanaand op die kassie:

  • 17:30 Bring & Braai (kykNET): Die deelnemers moet ’n hoofgereg en ’n nagereg op die kole maak. Die beoordelaars is Sarel van Sabie, Thys die Bosveldklong en BraaiBoy. Die top-vier sal in twee halfeindrondtes meeding.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs van oor Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookvernuf te toets en te ontwikkel, maar net een kan die MasterChef-titel wen.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Daar is ’n misverstand oor die verloofring wat Aggie ontwerp. Nadia en Sonja het ’n meningsverskil oor Bertus.
  • 18:30 Binnelanders (KykNET): Morné ontaard in ’n monster, terwyl Delia in twee geskeur is oor Gideon se wraakplanne met At.
  • 19:30 Arrow (M-Net): Brons Tiger ontsnap uit die tronk en is op soek na Malcolm se aardbewing-toestel. Intussen weier Roy om saam met Arrow te oefen, tensy hy sy identiteit aan hom bekend maak.
  • 20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.
  • 21:30 Singstories (kykNET): Hulle is alombekend vir hul harmonieuse sang en polsende treffers: Die Broers sing nie net liedjies nie, hulle lewe vir musiek en skep ’n klankbaan vir die lewe.