17:29 Bring & Braai (KykNET): Die top-24 deelnemers van die eerste drie reekse word uitgedaag om vas te stel wie die meesterbraaier is.

18:30 7de Laan (SABC 2): Wessel wys sy ware kleure en dis nie mooi nie. Gaan Pulane en Sifiso nou finaal opbreek?

18:30 Binneland (KykNET): Gideon se dag begin met die waarheid en eindig met ’n harde les. Rian se besluit oor sy toekoms sal ’n invloed hê op At en Delia. Sonja sal baie mooi moet dink voor sy weer iemand se woorde kan glo.

19:30 Arrow (M-Net): Oliver is vergiftig en vir die dood agtergelaat na ’n geveg met Cyrus Gold. Felicity gee vir hom ’n teenmiddel wat hallusinasies van sy verlede veroorsaak.

20:00 Singstories (KykNET): Liefde, vriendskap en musiek maak saam met ander, maak jou deel van iets. In Van Coke se geval is dit alles hardwerkend, altyd vreesloos en onmiskenbaar asemrowend.

20:30 The Tomorrow People (M-Net): Stephen voel ongemaklik teenoor die ander mede-ULTRA-leerders. Hillary het haar eie geheimsinnige agenda. Stephen se ma dring daarop aan dat hulle as ’n gesin saam met Petrus moet gaan kamp.

22:00 Vallei van Sluiers (KykNET): Oom Boykie en Te’Ef gaan deur ’n baie moeilike tyd na Richard se verjaarsdagparty. JP kry die slegste nuus denkbaar wat weereens probleme met Charmaine veroorsaak.