Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 Pasella (SABC 2): Die span besoek Bakoven en is die gashere vir ’n sprokieafskeidspartytjie. Paul leer meer oor Bakoven se geskiedenis en die nuwe Expresso-aanbieder, Zoe Brown, oefen saam Paul. Bobby van Jaarsveld gesels oor sy nuwe musiekvideo.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia maak ’n groot besluit. Hilda saboteer Oubaas se kampplanne en is Charmaine se probleme verby?

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET & Kie): Vanaand braai die span op ’n verassende plek en Jan wys ons ’n ding of twee.

19:30 Strictly Come Dancing (SABC3): Die gewilde Afrikaanse sanger, Karlien van Jaarsveld en haar dansmaat, Devon Leigh Snell, is onder andere in die eindronde van dié danskompetisie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die inhoud van ’n rekenaar, ’n geskenk en ’n arrestasie sorg vir groot drama. Volgehoue stilswye en slapelose nagte maak die meisies nuuskierig en die Du Preez’s se gedrag is een te veel vir ’n matige persoon.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Musiek Roulette (SABC2): Dié gewilde musiek en speletjiesprogram het die immergewilde Nádine aan die stuur van sake.

20:30 Armored (e.tv): In hierdie misdaadfilm word ’n nuutaangestelde wag van gepansterde lorries deur sommige van sy senior medewerkers oorreed om een van die geldlorries te steel, maar dinge verloop nie volgens plan nie.

20:30 Proof (M-Net): In vanaand se episode stel Carolyn ondersoek in na die dood van ’n rekenaarspesialis wie se nuwe tegnologie dalk opgeneem het hoe hy sterf.

21:00 SleepTV (kykNET): Die span kampeer lekker by Die Punt-woonwapark in Mosselbaai.

21:30 22 Jump Street (M-Net): Die polisie-spanmaats Schmidt en Jenko moet weer onder die dekmantel gaan werk. Hulle begin hul vennootskap en vriendskap tydens hul nuwe missie waar hulle op universiteit op die spoor van dwelmsmouse is, bevraagteken.

23:00 Smallville (SABC2): In vanaand se episode word ’n persoon met zombieagtige simptome na die hospitaal gebring, en Clarke en dr. Hamilton gaan soek na ’n geneesmiddel.