Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Glam Guru (kykNET): Hannon spoor twee draadsitters aan om uit hul jare lange gemaksone te kom en hul swartgallige lewensuitkyk te verander.

18:27 7de Laan (SABC2): Rick is steeds soek. Gita maak planne om die munisipale tenderproses in haar guns te laat werk.

18:32 Binneland (kykNET): Franz is op pad terug na Pretoria en Gideon konfronteer Yvonne. Sonja moedig At aan om terug te baklei en Rian is nie seker of hy Yolandie moet glo nie.

19:30 Teen Wolf (M-Net Series Showcase): Terwyl sy verhouding met Allison nog meer gespanne raak, moet Scott saam met Stiles na Lydia se verjaardagpartytjie gaan.

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan is in Toulon, Frankryk, saam met Bakkies Botha wat deesdae daar rugby speel en sy eie boerewors maak. Bryan Habana speel ook rugby in dié Mediterreense stad en neem Jan na sy gunsteling-eetplekkie. Jan wys hoe om sy mees geliefde Franse braaigereg te maak: ’n fillet-steak met ’n rooiwynsous.

20:30 Vegas (M-Net): Lamb, Jack en Katherine besluit om die foonafluisterapparaat in Savino se kantoor uit te buit. Mia is geskok toe sy uitvind haar ma lewe nog.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.