17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.

18:00 Raising Hope (M-Net): Burt en Virginia kry nuwe bure en hulle is oortuig daar is iets vreemds omtrent hulle.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillsiders het gemengde gevoelens oor die planne vir studentebehuising. Daar is dalk iets meer tussen Jaco en Danelle as net vriendskap.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen deel haar vermoedens oor Margot met Tertius, terwyl ’n bekommerde Zadie huweliksraad by Sonja vra. Quinton konfronteer Margot oor gerug. ’n Derde wiel aan die wa vertroebel ’n verhouding.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Johan Stemmet toets deelnemers se musiekkennis met speletjies.

19:30 Isidingo (SABC3): Charlie se woede en desperaatheid bring haar en ander in groot gevaar. Sizwe kry vals hoop. Zeb en Lerato is verras deur Sechaba se idee vir ’n groot verjaarsdagpartytjie.

20:00 Rof of Spog (SABC3): Paul en Terence toer deur Suid-Afrika om verskillende kosse, mense, landskappe en leefstyle te verken.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek ’n moord en ’n vermiste persoon in ’n wêreld vol robotte.

20:30 Daredevil (e.tv): ’n Man wat deur giftige afval verblind is, verander in superheld nadat sy oorblywende sintuie versterk het en hom misdaad help bekamp.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Die uitspraak oor Tyrion se toekoms vind plaas. Onverwagte besoekers daag in Mole’s Town op.