17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die eenvoudigste ete word ’n meesterstuk wanneer dit op ’n treffende of klassieke bord voorgesit word. Van tydlose ontwerpersborde tot eenvoudige, bekostigbare breekware, is ’n stel mooi borde ’n belegging en nalatenskap vir jou familie. Nataniël wys sy gunstelingborde en berei geregte wat by elkeen pas. Sjef Bertus Basson kom wys ’n treffende gereg vir ’n treffende bord.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Virginia en Burt neem ’n hond aan omdat die huis vir hulle te leeg is. Intussen probeer Jimmy Sabrina oortuig dat hy nog steeds ’n haan onder die henne kan wees.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas is terug van Oostenryk, maar waar is Hilda? Elvis Blue tree op in die klub.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie dring daarop aan om sy dogter te sien, en Karli se dade kan verrykende gevolge inhou. Geraas is vir meer as een persoon ’n hoofpyn. Daleen moet Tertius van iets belangriks inlig – al is dit ook hoe swaar vir haar om dit te sê. Jana laat haar glad nie voorsê nie.

19:30 Jan Braai Vir Erfenis (kykNET): Jan se toer deur Ierland kom op ’n end. Dit begin met ’n braai in die musikant Enya se tuisdorp, voor Jan die Ierse koue aandurf en by een van die noordwestelikste punte in Europa gaan brai. Hulle besoek ook die Ierse hoofstad, Dublin,  waar Jan jou wys wat ’n mens alles binne ’n dag in hierdie stad kan doen.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (KykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.