17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia is baie opgewonde oor ’n telefoonoproep wat sy ontvang. Altus probeer sy beste om Paula se hart terug te kry. Nina se pa is opsoek na haar...

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit raak al duideliker dat die Malherbes professionele hulp nodig het. ’n Ete is ongemaklik tot ’n derde gas opdaag. At se operasie bring twee besoekers na sy kamer. Die waarheid maak nie alles beter nie.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

21:00 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 Fantastic Four (e.tv): In dié fantasieprent kry ’n groep gewone mense bonatuurlike kragte. Hulle span saam om boosheid te oorwin.

21:30 Jou Show (kykNET): Rolanda Marais kuier in die ateljee. Francois van Coke sing een van sy nuwe solo-liedjies terwyl Wicus die geleentheid kry om by sy huis te gaan kuier. Ons gesels ook met Brendan Daniels.

23:30 Dallas (SABC3): Die doen en late van die ryk Ewing-gesin kom in die boeiende reeks onder die loep.