Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko is vol vertroue dat Emma nie tronk toe sal gaan nie. Vince en Bonita gaan eet saam met Langley middagete.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen is teleurgesteld in haar man se planne. ’n Dokter dink hy weet wat die antwoord is wanneer dit by medikasie en ’n ander dokter kom. Morné beland in groot moeilikheid weens sy dade.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee van al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Arrow (M-Net): ’n Vrou maak mense dood om Arrow se aandag te kry omdat sy behep is met hom.

20:30 The Terminator (e.tv): Robotte gaan in die toekoms die wêreld oorneem, maar om dit reg te kry, moet een van hulle terug in tyd gestuur word om die ma van die toekomstige weerstandsleier dood te maak. En daardie Terminator-robot is niemand minder nie as Arnold “I’ll be back” Schwarzenegger.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis: braai.

21:30 Kick-Ass 2 (M-Net): Twee superhelde span saam met ’n spul superhelde en teiken die nuwe vyand wat wraak soek. Hoekom? Omdat die twee sy pa, ’n bendelid, in die eerste fliek om die lewe gebring het.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:00 The Contractor (SABC 1): ’n Skerpskutter in die weermag keer terug uit aftrede om ’n taak af te handel wat hy nie in sy weermagdae voltooi het nie. En met Wesley Snipes in die hoofrol kan jy hope aksie verwag.