Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Tuine en Tossels (kykNET): ’n Terugblik op 10 jaar van dié program, asook ’n kykie na Clivias en pottebakkery.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillside Times sukkel ál meer. Hilda gee vir Paula ’n kookles.

19:00 Parks and Recreation (M-Net Series Showcase): Leslie en Ben organiseer ’n formele gala om geld in te samel vir hul park, maar die aand loop skeef toe die stadsowerhede terselfdertyd ’n nooddiensoefening hou.

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan is in die Natalse Middelande. Hy ontmoet ’n paar kunstenaars wat daar woon en gly aan ’n kabel deur die Karkloofwoud. Hy wys ook hoe om heerlike botterskorsiesop en hoenderburgers oor die kole te maak.

20:30 Vegas (M-Net): Reeks eindig. Porter Gainsley se invloed begin buite beheer raak. Dit dwing Lamb en Savino om saam te werk om hom te stop.

22:00 Without a Trace (SABC2): Die span soek na ’n vermiste verslaggewer wat ’n artikel oor ’n korrupte politikus geskryf het.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.