17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240 km/h kan haal.

18:00 Raising Hope (M-Net): Maw Maw maak per ongeluk ’n oproep na die verkeerde nommer, wat veroorsaak het dat Virginia se niggie, Delilah, ongenooid op die dorp opdaag. Jimmy en Sabrina sukkel om ’n kinderoppasser vir Hope te kry.

18:00 2014-Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi (SABC1): Kyk hoe Frankryk en Duitsland mekaar by die Wêreldbekersokkertoernooi in Brasilië pak.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula kry ’n aangename verrassing. Ryno vermoed die hospitaal is betrokke is by orgaanhandel, maar waar pas Lynette in die prentjie?

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Margot se eks ontsenu haar en Quinton wil tot haar redding kom. At reik uit na die Jonkers in ’n poging om sy voorgenome huwelik op koers te kry – maar dan maak Sonja ’n skokkende ontdekking!

20:00 Noot vir Noot (SABC3): Johan Stemmet toets deelnemers se musiekkennis met speletjies.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 The Steve Harvey Show (e.tv): Die regisseur van die dokumentêr oor Steve se loopbaan soek omstredenheid om dit interessanter te maak.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.