Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Molly & Wors (kykNET): Blapsie besef sy skimp tevergeefs vir ’n motor en rig haar visier op ’n bromponie. Intussen is Vaatjie en Theunis vasbeslote om ’n masseer-onderneming te stig.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma jok vir Thinus oor waar Rick is. Dewald wil vir Nadia ’n wonderlike geskenk gee, maar sal sy dit aanvaar?  Bonita en Vince se verhouding knak.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn weet nie hoe om ’n moeilike pasiënt te hanteer nie, en ’n telefoonoproep maak ’n dokter se situasie duideliker. Ivanka lok reaksie uit by Morné se vriende. Gustav se ontdekking lei tot ernstige gesprekke met ’n verpleegster en ’n dokter. At maak ’n bekentenis, en Daleen hou haar besig met krisisbestuur.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Arrow (M-Net): Lance vertel Arrow dat daar ’n nuwe boogskutter in die stad is.

20:30 Rocky V (e.tv): Die bokskampioen Rocky is platsak en laat hom ompraat om teen sy protégé te boks. Al probleem is, hy is ’n ou bul en sy teenstander is ’n jong kêrel met ’n punt om te bewys en ’n vuishou soos min.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word daar van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis – braai.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:00 City of Men (SABC 1): Twee vriende in ’n Brasiliaanse krotbuurt vind ooreenkomste; hulle het albei swak lewensomstandighede en hul albei se pa het geheimsinnig verdwyn.