Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 Pasella (SABC 2): Die span kuier besoek Elgin en kampeer by Old Mac Daddy met sy karaktervolle opgeknapte woonwaens. Die oudste peerboom by Oak Valley word bekyk en HemelBesem kuier in die beeldhouer Marika Prinsloo-Rowe se ateljee.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita weet steeds nie wie die mede-eienaar van die Heights is nie. Bernard en Sifiso hou ’n daknatmaak.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET & Kie): Vanaand braai die span op ’n verassende plek en Jan wys ons ’n ding of twee.

19:30 Binnelanders (kykNET): Gustav vra Pippa om haar oor iemand te ontferm, terwyl Roelf rowwe aantygings maak. ’n Fisiese geveg breek uit in die dokters se ruskamers.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Musiek Roulette (SABC2): Dié gewilde musiek en speletjiesprogram het die immergewilde Nádine aan die stuur van sake.

20:30 Kingdom of Heaven (e.tv): Gedurende die 12de eeu ontmoet ’n grofsmid sy regte pa, wat hom dan op ’n kruistog Jerusalem toe neem. Orlando Bloom vertolk die hoofrol in hierdie meesleurende drama van 2005.

20:30 Proof (M-Net): In vanaand se episode ontwaak ’n vrou uit ’n koma en weet nie wie sy is nie, maar sy het wel die herinneringe van ’n ander komapasiënt in die hospitaal.

21:00 SleepTV (kykNET): Die span kamp nog by die Keurboomsrivierwoonwapark en besoek die Tsitsikamma Nasionale Park. Doendinge sluit in ’n kanoovaart op die rivier, ’n uitstappie na die strand en geselsies met die bure.

21:30 The Equalizer (M-Net): ’n Geheimsinnige man kom in hierdie aksieprent tot die redding van ’n jong meisie wat onder die beheer van Russiese gangsters is. Denzel Washington vertolk die hoofrol.

23:00 Smallville (SABC2): In vanaand se episode word ’n Daily Planet-joernalis ernstig beseer wanneer hy ’n skurk bekend as The Blur jaag. Lois word ontvoer.