17:29 Bring & Braai (KykNET): Die top-24 deelnemers van die eerste drie reekse word uitgedaag om vas te stel wie die meesterbraaier is.

18:30 7de Laan (SABC 2): Vanessa kraam in die boekwinkel en Zander se foon is af. Annelie se oë gaan oop toe sy sien waaroor die modelwêreld werklik gaan.

18:30 Binneland (KykNET): Rian neem ’n groot besluit as gevolg van Pippa en dit lok uiteenlopende reaksie uit. ’n Aand van passie moet weggesteek word, terwyl Delia vasgevang is in ’n tweestryd.

19:30 Arrow (M-Net): Felicity maak ogies vir die polisiewetenskaplike Barry Allen en dit ontstel Oliver. Intussen vra Sonde Roy moet haar vermiste vriend opspoor.

20:00 Singstories (KykNET): Met sy nostalgiese kunsliedere en oorrompelende vertolkings bind Jannie du Toit mense saam.

20:30 The Tomorrow People (M-Net): Jedikiah toets Stephen en sy mede-ULTRA-leerders se waardigheid as agente, maar sommige is nie bereid om in ’n span te werk nie. Cara word gekonfronteer deur ’n besoeker uit haar verlede.

22:00 Vallei van Sluiers (KykNET): Ta’Ef tref voorbereidings vir Richard se verjaardag, maar stuur dit af op ’n groot antiklimaks? Die arme Hannah kry skielik ’n onaangename verrassing.