17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.

18:00 Raising Hope (M-Net): Sabrina wil Hope amptelik aanneem, maar die aannemingsproses gee haar nie die “moederlike oomblik” waarvoor sy gehoop het nie.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie het sy mes in vir At. Quinton dink Sonja maak die verkeerde besluit. Margot kan nie toelaat dat Jana langer vir haar verblyf betaal nie. Wimpie probeer Krige jaloers maak.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek ’n moord en ’n vermiste persoon in ’n wêreld vol robotte.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Brienne volg ’n nuwe leidraad saam met Podrick. Tyrion vind ’n verrassende bondgenoot. Jon se waarskuwings oor die muur se swakhede word geïgnoreer.