17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda is in haar noppies oor die artikel wat Errol van haar geskryf het. Ty vermoed dat Gita hom in die rug gaan steek. Hillside times het steeds nie die een gevind wat verantwoordelik is vir hulle groot verlies nie.

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ilse kry ‘n oproep van ‘n ontstelde Bea, en Susanna oorreed vir At en Jana om Anton te onmoet. Merle se gesondheid beleef ‘n terugslag.

20:00 Jou Show (kykNET): Die skreeusnaakse Terence Bridgett laat die gehoor kruip soos hulle lag, terwyl Joshua Na die Reën se voorsanger 'n dag saam met Wicus deurbring. En dit sal nie regverdig wees as ons hom nie laat sing nie. HemelBesem en Emo laat die tonge klap met hulle kletsrym. Anne vang bietjie vir HemelBesem uit.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris stop te sit.

20:30 Mind Games (M-Net): ’n Desperate man stel die ondersoekspan aan in hierdie episode.

21:00 Money Train (e.tv): Twee stiefbroers werk vir ’n transito maatskappy in New York. Hulle deel ’n fantasie om die trein te beroof wat hulle veronderstel is om te beskerm.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘Ben se Begrafnis’: ’n Alledaagse ou sterf op die gholfbaan as gevolg van ’n frats-gholfongeluk. ’n Staking veroorsaak egter dat sy lykskouing eers later kan plaasvind en dan word hy uit die bloute wakker...

21:00 Verraaiers (fliekNET: kanaal 198): Na hy hoor van die Engelse se geskroeide-aarde-beleid, besluit ’n gerespekteerde Boere-offisier om nie verder te veg nie en eerder sy gesin te gaan beskerm, met verreikende gevolge.

21:30 Rush (M-Net): Chris Hemsworth en Daniel Brühl speel in hierdie biologiese drama wat kyk na die 1970’s Formula 1 wedywering tussen twee legendes.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:45 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.