Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:30 7de Laan (SABC2): Nina word in ’n baie stresvolle situasue vasgevang. Sal Anna haar uit die gemors kan help? Willem voel positief oor die toekoms.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET & Kie): Vanaand word daar by die Taalmonument in Paarl gebraai.

19:30 Binnelanders (kykNET): Cherilee druk haar neus in waar dit nie hoort nie. Hoë koors en ’n hysbak maak die lewe ondraaglik vir ’n paar mense, en die waarheid is dalk net die hoofgereg by ’n ete

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Noot vir Noot (SABC2): Dié immergewilde musiek- en speletjiesprogram is terug op die kassie. Weereens met Johan Stemmet aan die stuur van sake.

20:30 Assassination Games (e.tv): Twee huurmoordenaars besluit om ’n dwelmhandelaar aan die pen te laat ry – een soek wraak omdat sy vrou weens die skurk in ’n koma is, en die ander een stel net in die beloning belang.

21:00 SleepTV (kykNET): Ons nuwe reeks begin op die N1-roete deur die Karoo. Ons slaan kamp op by die Kamdeboo Nasionale Park buite Graaff-Reinet.

21:30 Non-Stop (M-Net): ’n Aksiebelaaide rolprent met Liam Neeson. ’n Amerikaanse lugmaarskalk moet ’n bom op ’n vliegtuig vind voor dit ontplof.