17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Diederik is kwaad vir Kim omdat sy skinder en moeilikheid veroorsaak. Anna en Marko deel ’n oomblik in die Boekwinkel – sal Marko van Emma kan vergeet en aanbeweeg met sy lewe?

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman is ‘n groot bekommernis vir Jana, net soos wat Jan is vir Ilse en Okkie. Karli besef hoeveel werk in modelwerk gaan, en die berugte veldtog kom uiteindelik tot ‘n einde. Zadie het ‘n plan met Stienie, en Ivanka is glad nie beïndruk met iemand se woorde nie. ‘n Groot busongeluk kan Jana se planne in die wiele ry, en ‘n Du Preez kom tot die redding.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 Patriot Games (e.tv): ’n Voormalige CIA-agent is op vakansie in Londen wanneer hy skielik in ’n terrorisaanval op ’n koninklike verstrengel raak.

21:00 Leef jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons besoek bekende kroegareas, maak saam met Ierse legendes Foster And Allan Musiek en kyk waas Bram Stoker aan sy Dracula-idees gekom het.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.