17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna nooi Marko en sy gas vir ete. Paula het ’n nuwe bewonderaar – hy slaan letterlik haar voete onder haar uit. Het Ty die oplossing vir hul finansiële probleme gevind?

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie voer iets in die mou en nuus oor ’n nuwe verhouding versprei soos ’n veldbrand. Daleen vra Christiaan om met Rian te praat en Jana vra vrae oor Ivanka.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

21:00 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 Last Action Hero (e.tv): ’n Seun word skielik deel van sy gunsteling aksieheld se wêreld. Hy word die held se helper en veg saam teen die skurke.

21:30 Jou Show (kykNET): Ons gesels Boer soek ’n Vrou. Nadia Beukes vertel alles wat ons nie op die kassie sien nie, terwyl Wicus by die snaakse Boer Giel gaan inloer. Leah kuier ook in die ateljee en sing een van haar liedjies.

23:00 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.