17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël het grootgeword met die woord foefertjies. Dit is gebruik om klein of fyn eetgoed te beskryf, enigiets wat met die hand geeët kan word. Dit bly ’n gunsteling by oggendgeleenthede, kerkbasaars, bidure en begrafnisse. Ongelukkig bestaan die meeste foefertjies uit deeg. Nataniël probeer ’n nuwer en gesonder oplossing vind.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Net toe Virginia ophou glo aan die bonatuurlike, verskyn daar ’n “spook” in hul huis.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Bruynwaves mnr. Masiya se kontrak verloor? Is Marko eindelik gereed om ’n huis te koop? Ty is ’n senuweewrak toe iets vreemds weer gebeur.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie se toestand is onveranderd, tot Morné skielik iets opmerk. Adler sleep steeds vlerk by Jana. Margot doen stappe om haarself te beveilig en kry ’n onverwagte besoeker.

19:00 Isidingo (SABC3): Katlego kry ’n bietjie van haar eie medisyne. Sechaba skok Lerato met ’n onverwagse besluit.

19:30 Jan Braai Vir Erfenis (kykNET): Jan en Stephanus toer steeds langs die weskus van Ierland. Jan vind uit hoe ’n seegrasbad werk, die Down Patrick uitkykpunt word besoek en daar word by Strandhill op die rivier geroei. Jan wys jou ook hoe om ’n gemarineerde moutbier-burger te braai en ’n regte Ierse koffie oor die kole te brou.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Club 808: Make Some Noise: Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.