Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula maak haar woonstel leeg en gaan doen inkopies. Sonja vang Bertus uit.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Kobus vra Zadie se hulp met sy plan, en Carol blameer die dokter vir die huidige stand van sake. Jenny gee At ’n finale ultimatum, en twee mense besef eindelik wat aan die gang is. Zieg is gefrustreerd met Daleen, en Tertius se aand eindig nie soos wat hy gehoop het nie.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee van al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:00 Nothing For Mahala (SABC3): ’n Jong man beland in die moeilikheid en moet gemeenskapsdiens verrig. Terwyl hy die straf uitdien, ontmoet hy ’n bejaarde man wat hom die regte pad wys.

20:30 Arrow (M-Net): ’n Moordenaar laat dit lyk asof Ted verskeie moorde gepleeg het en Arrow probeer uitvind wie regtig die skuldige is.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis: braai.

21:30 Vehicle 19 (M-Net): Die wyle akteur Paul Walker speel in dié fliek oor ’n toeris wat ’n motor huur. Daar is iets in die motor versteek wat ’n spul korrupte polisiebeamptes soek en hulle sal enigiets doen om dit te kry, selfs die toeris om die lewe bring . . .

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:25 Machete (e.tv): ’n Mexikaanse polisieman word verkeerdelik van moord beskuldig en wil wraak neem. Maar sy teenstanders weet nie hy hou nie daarvan om vuurwapens te gebruik nie; hy verkies vlymskerp messe.