Dit is vanaand op die kassie:

  • 17:30 Bring & Braai (kykNET): Die deelnemers moet ’n hoofgereg en ’n nagereg op die kole berei. Die beoordelaars is Sarel van Sabie, Thys die Bosveldklong en BraaiBoy. Die topvier sal in twee halfeindrondtes meeding.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs van oor Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookvernuf te toets en te ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Kim vier ’n maklike eksamenvraestel. Marko stel op sy eie ondersoek in die gebeure in Emma se droom. Byt hy meer af as wat hy kan kou?
  • 18:30 Binnelanders (KykNET): Om jouself te hoor is nie altyd ’n goeie ding nie, en Wimpie en Okkie se geskille help nie die reeds sukkelende koor nie. Al Pippa se drome word eindelik waar, maar die geheime van die verlede laat ’n reuse bom bars.
  • 20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.
  • 22: 30: André Rieu (SABC3): ’n Moetkyk-konsert; ’n ware skouspel deur die wêreldbekende violis André Rieu.