Wat is vanaand op die kassie

  • 17:30 Bring & Braai (KykNET): Die deelnemers moet ’n hoofgereg en ’n nagereg op die kole maak. Die beoordelaars is Sarel van Sabie, Thys die Bosveldklong en BraaiBoy. Die top-vier sal in twee semi-finale meeding.
  • 18:00 Mom (M-Net): ’n Nuwe man in Christy se lewe toets haar ingetoënheid en Bonnie word ’n lewensafrigter.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateur sjefs reg oor Australië meeding vir die geleentheid om hul kookkuns se horison te verbreed en te ontwikkel, maar net een kan die titel as Masterchef wen.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Nadia wil nie hê Bertus moet vir Ryno van hul verhouding vertel nie. Altus maak ’n onverwagse aanstelling by Bruynwaves.
  • 18:30 Binnelanders (KykNET): Bea en Franz het ’n hewige uitval kort voordat hulle Kanada toe moet vertrek. Nigel en Okkie vlieg mekaar die hare in oor ’n uniform. Daleen soek desperaat na ’n nuwe dagmoeder vir Nina.
  • 19:30 Arrow (M-Net): Brons Tiger ontsnap uit die tronk uit en is opsoek na Malcolm se aardbewing masjien. Intussen weier Roy om saam met Arrow te oefen teensy hy sy identiteit aan hom bekend maak.
  • 20:00 Toks ’n Tjops (KykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland- van die duikslae tot skeidsregters.
  • 21:30 Reis na Gister (KykNET): Rugbyheld Willie le Roux, wat menige Suid-Afrikaanse meisies se harte vinnig laat klop, neem vir Jak de Priester na Stellenbosch. Hy gaan wys ook waar sy groot liefde vir dié sportsoort begin het.