17:00 WWE Main Event (e.kasi+): Rofstoei soos net die ouens by WWE dit kan regkry.

18:00 Voetspore (SABC2): Liwonde aan die oewer van die Shire-rivier in Malaqi bied puik wildbesigtiging met ’n bootvaart op die rivier, en die span ontspan by die weelderige Mvuu-lodge.

18:30 7de Laan (SABC2): Die hele Oppikoffie is op horings. Petro en Louis neem ’n besluit oor hulle toekoms. Gita wil vir Willem ’n duur les leer.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Vanaand braai Jan weer ’n keer op ’n eksotiese plek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie se nuus haal die wind uit Wimpie se seile, terwyl Cindy se woorde Daleen angsbevange maak. Marlene daag onverwags by Tonik op.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Musiek Roulette (SABC2): Dié gewilde musiek en speletjiesprogram het die immergewilde Nádine aan die stuur van sake.

20:30 Die Another Day (e.tv): Ná hy in Noord-Korea gevange geneem is, word James Bond vrygelaat en gaan dan op ’n sending om ’n terroris wat chaos in die wêreld wil veroosaak, te keer.

20:30 Proof (M-Net): Dr. Carolyn Tyler stel ondersoek in na die bonatuurlike in hierdie spokerige reeks.

21:00 SleepTV (kykNET): Die span word in die betowerende mistige wêreld by die Magoebaskloof Getaway wakker en verken die digte woude.

21:30 The Colony (M-Net): Die aarde is in nog ’n ystydperk gedompel en oorlewendes word in kolonies ingedeel en gedwing om ondergronds te leef. Daar vind hulle uit hul grootste vyand is nie die natuurelemente nie, maar mekaar.

23:00 Smallville (SABC2): In vanaand se episode bou Tess ’n sonkrag-aanleg wat Zod vir sy bose plan wil gebruik. Oliver sê vir Lois hy het haar nog lief, en Clark besluit om hom reg te ruk en vir Lois te wys hy’s die regte een vir haar.