Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Glam Guru (kykNET): Hannon wys vir Monzelle en Liezel hoe om hul grense te verskuif met japtrap-grimeertegnieke en vinnige haarstilering.

18:27 7de Laan (SABC2): Gita besef Herman se plan vir die semi’s het meer meriete as hare. Herman probeer weer om Nadia se vertroue terug te wen.

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): 24 September was Erfenisdag oftewel Nasionale Braaidag en ons kyk hoe Jan Braai geskiedenis maak deur onder die see te braai.

19:30 Teen Wolf (M-Net Series Showcase): Nadat iemand op die lacrosse-veld sterf, moet Scott en sy vriende vinnig Gerard se plan ontrafel.

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Al vind Jeff uit hy het hoë cholesterol, hou hy steeds nie by sy dieet nie.

22:00 Without a Trace (SABC2): Die span begin ’n soektog na die seun van ’n biljoenêr wat verdwyn het nadat sy vliegtuig in ’n woud verongeluk het.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.