17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240 km/h kan haal.

18:00 Raising Hope (M-Net): Burt en Virginia stel ondersoek in om ’n korporatiewe skandaal in Natesville te ontbloot.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillside Times-span is opgewonde oor Bernard se ontdekking. Altus gebruik sy kontakte om Paula te help, wat moontlik in ’n onderonsie kan ontaard. 

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Jana is verstom oor At se eise. Quinton stel vereistes waarmee Margot nie saamstem nie. Okkie en Ilse besluit om die bul by die horings te pak, terwyl daar moeilikheid op die stel van Dokter-Dokter te bespeur is. Sonja wil vrede maak met Daleen. Jana en At is in ’n magstryd gewikkel.

20:00 Noot vir Noot (SABC3): ): Johan Stemmet toets deelnemers se musiekkennis met speletjies.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 The Steve Harvey Show (e.tv): Die vonke begin weer spat tussen Regina en Steve by haar beste vriend se troue.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.