17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda sukkel om voor te bly met haar bestelling vir die slippers. Altus confronteer vir Eben en waarsku hom om weg te bly van Paula. Ty en Antoinette konkel saam.

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie tree onsensitief op en terwyl almal gereed maak vir ‘n begrafnis maak Naomi haar gereed vir die ergste. At eis sy pond vleis en Cheri-Lee probeer dinge regmaak met Ivanka en dan daag iemand baie onverwags op in Pretoria. Cheri-Lee maak ‘n besluit oor wie sy die man in haar lewe wil maak en Adler vryf sout in At se wonde.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris stop te sit.

20:30 Mind Games (M-Net): Akteurs Christian Slater en Steve Zahn is twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit.

21:00 Thunderbolt (e.tv): ’n Motorwerktuigkundige se suster word ontvoer deur ’n superkrimineel. Om haar terug te kry, moet hy die krimineel in ’n straatresies aanduf.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘’n Liefdeslobotomie: ’n Onkreatiewe bleeksiel word deur sy vriend oorreed om ’n biertjie na werk te geniet. Dis hier waar hy ’n oulike meisie ontmoet en hy besluit om drastiese stappe te neem om haat te beïndruk.

21:30 Jack Taylor: The Dramatist (M-Net): ’n Drama wat afspeel in Ierland oor ’n polisieman wat moorde ondersoek.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.