Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke. Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Dikwels is ons net te bang om iemand vir ete te nooi. Jou gas is dalk ’n uithalerkok, beroepsjef of wêreldreisiger wat net aan die beste gewoond is. In so ’n geval sit Nataniël net bestanddele voor – heerlike kase, vars groente, kouevleis, vrugte, goeie wyn, sjokolade –  elkeen help homself en die moontlikhede is onbeperk. Geen kompetisie; geen spanning. ’n Tafel vol goeie bestanddele is dikwels gesonder en treffender as ’n ingewikkelde spyskaart!

18:00 Dagbreek Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insetsels op dié ontbytprogram.

18:30 7de Laan (SABC2): Bernard en Danelle probeer Hilda en Oubaas se huwelik red. Emma en Marko neem ’n groot besluit oor hul toekoms.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Christa wys haar ware kleure. Rian vind iets belangriks uit. Pippa sit haar voet neer toe Jana haar by nog ’n bemarkingsfoefie wil betrek.

19:30 Jan Braai Vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word daar ernstig gebraai van Kaapstad tot Kosibaai, en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue, gemeenskaplike erfenis - braai.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en talle Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die ateljeegehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Minute to Win It (SABC 3): Apolo Ohno lei deelnemers binne 60 sekondes deur ’n reeks eenvoudige speletjies deur gebruik te maak van huishoudelike items. Die wenner kan $1 miljoen (sowat R11 miljoen) wen.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Zoid gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige burgers.