Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:30 7de Laan (SABC2): Almal is baie opgewonde om Nthabi terug te verwelkom. Sal sy en Dali hul gevoelens vir mekaar herontdek? Diederik en Kim gesels oor belangrike sake.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Bring en Braai (kykNET & Kie): Vanaand is dit kompetisietyd met die bobaas braaiers wat uit ’n verassingsmandjie moet braai.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daar is ’n nuwe huisreël by die Ferreiras en vergifnis is nie iets wat maklik kom nie. Pippa en Daleen moet eers hul huiswerk doen voordat hulle ander by hul plan betrek.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 The Following (M-Net Edge): Die grillerreeks gaan oor ’n wreede groep reeksmoordenaars wat vreeslik deur die FBI gejag word. Kevin Bacon vertolk die hoofrol.

20:30 Tomorrow Never Dies (e.tv): ’n Aksiebelaaide aflewering in die James Bond reeks. Hierdie was die tweede prent waarin Pierce Brosnan die hoofrol vertolk het.

21:30 Jou Show (kykNET): ’n Lekker geselsprogram aangebied deur Emo Adams en Wicus van der Merwe. Jy sal skaterlag vir die mannewales wat dié twee met hul gaste aanvang!

23:30 Playing the Enemy (SABC3): ’n Kykie agter die skerms van die fliek en boek Invictus wat oor Suid-Afrika se 1995 rugbywêreldbeker sege handel.