18:00 Glam Guru (kykNET): Hannon help twee kreatiewe susters wat daarvan hou om mense te skok en enigiets met hul voorkoms sal probeer.

18:27 7de Laan (SABC2): Vanessa is vasberade om haar swangerskap vir Xander weg te steek.

19:00 How to Live with Your Parents (for the Rest of Your Life) (M-Net): Toe Polly haar rug seermaak, moet haar ouers weer na Natalie kyk.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Ná vele versoeke van senior burgers vir ’n musiekkeurspel waarby hulle aanklank sal vind, is vanaand se gas kunstenaar Steve D, wat bekend is onder liefhebbers van immergroen treffers.

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Op Loxton leer Jan meer oor knoffel en wys hoe om sosaties te berei en te braai.

20:29 Rookie Blue (SABC3): Dis volmaan en ’n paar vreemde gebeure ontsenu die groentjies.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke kan hul programme volgens hul eie diskresie aanpas.